SAKOV-Studiebeurse vir studie in Orrel en Kerkmusiek


Beursbrosjure (2013)

Die SAKOV-studiebeurse vir verdienstelike studie in Orrel en Kerkmusiek het ten doel om finansiële ondersteuning te bied aan Suider-Afrikaanse orrelstudente ter bevordering van orrelstudie in Suider-Afrika, en om navorsing op die gebied van Kerkmusiek in Suider-Afrika te stimuleer.

Die volgende beurse (beurswaarde in hakies aangedui) is beskikbaar:

Orrelstudie

  • Oorsese studiebeurs (R150 000)
  • Nagraadse studiebeurs: DMus (R60 000)
  • Nagraadse studiebeurs: MMus (R30 000)
  • Nagraadse studiebeurs: BMusHons (R25 000)
  • Ses voorgraadse studiebeurse (R20 000 elk)
  • Ses tweede-instrumentbeurse (R15 000 elk)
  • Twee studiebeurse vir skoliere (R6 000 elk)
  • Twee studiebeurse vir orrelstudente (nie vir graaddoeleindes) (R6 000 elk)
  • Tien studiebeurse vir kerkorreliste (R10 000 elk)

Kerkmusiek (Akademies)

  • Nagraadse studiebeurs: Doktoraal (PhD) (R60 000)
  • Nagraadse studiebeurs: Magister (R30 000)

Orrelbou/-stem

  • Drie opleidingsbeurse (R15 000 elk)

Reisbeurs

  • Twee reisbeurse (een vir praktiese deelname en een vir akademiese kerkmusiek van R30 000 elk) wat aangewend moet word vir reiskoste, verblyfkoste en inskrywingsfooie vir die bywoning van en deelname aan ‘n oorsese orrel- of kerkmusiekkursus/-simposium/-kongres.
  • Een reisbeurs van R30 000 aan orrelbou-/stem-vakleerlinge vir die bywoning en deelname aan ‘n oorsese kursus/simposium/kongres.

Die sluitingsdatum vir aansoeke vir 2013 is Vrydag 14 Junie 2013. Vir volle inligting en om aansoek te doen, laai asseblief die beursbrosjure af.

 

Addisionele Inligting